nuutopdierak images

Discover Best nuutopdierak Images of World

#food #travel #sports #news #may #thursday

#geskiedenis #nuutopdierak #NouBeskikbaar SUID-AFRIKAANSE BIOGRAFIESE WOORDEBOEK R3 000 (stel van 5) Die Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek bestaan uit biografieë van mense wat 'n rol van belang gespeel het in die geskiedenis van Suider-Afrika vanaf die 15de eeu tot 1982. Die 4 452 inskrywings sluit in staatslui, sport- en sakelui, skrywers, kunstenaars, kultuurleiers, soldate, akteurs, opvoedkundiges en misdadigers. 'n Wye verskeidenheid kenners het die biografieë geskryf onder agtereenvolgens die redaksie van proff. W.J. de Kock en D.W. Krüger en drr. C.J. Beyers en J.L. Basson. Alle biografieë is op 'n standaardpatroon geskryf en gaan meesal vergesel van 'n bibliografie. Elk van die vyf boeke van hierdie naslaanwerk is alfabeties gerangskik en in deel V is 'n gekonsolideerde register. Deel 1 het in 1968 verskyn en die laaste deel in 1987. Dit is uitgegee in opdrag van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Al vyf die dele het in Engels verskyn onder die titel Dictionary of South African biography. Maak gerus 'n draai by Protea/Aristata Boekwinkel Bloemfontein, 25 Bloemgate Sentrum | 0514441212 | [email protected] #NowAvailable #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #woordeboek #bloemgatesentrum #biografie

5/7/2024, 10:15:54 AM

#literatuur #nuutopdierak #NouBeskikbaar GESPREKKE MET SKRYWERS 2 R75 (tweedehands) Gesprekke met Skrywers 2 is die tweede van ‘n reeks waarin bekende literatore ons voorste woordkunstenaars oor hul eie werk uitvra. Kunstenaar en kritikus — wat gewoonlik onafhanklik van mekaar werk — kom hier direk en openhartig teenoor mekaar te staan. En met hoogs insiggewende gevolg, want die skrywers is nie traag om te praat of ook kritiek te lewer nie — op kritiek én op eie werk. In die loop van so ‘n gesprek leer die leser dus ‘n skrywer en sy werk ken op ‘n wyse wat tot dusver nie moontlik was nie. Dit word ‘n stimulerende ervaring, want die leser word geprikkel om vir die eerste keer of opnuut met die betrokke werke kennis te maak en sy eie oordeel te vel of te heroorweeg. Die leser word inderdaad ingelei in waarom dit werklik in die skryfkuns gaan soos die skrywer dit in die praktyk beoefen. Boeiend is die groot verskeidenheid onderwerpe wat aangeraak word, asook die wyse waarop die gesprekke wissel van streng wetenskaplik tot heel persoonlik. En aan die einde het die leser ‘n beeld van ‘n hele literêre situasie. Gesprekke met Skrywers sal elke mens interesseer wat in die letterkunde belangstel, en vir die student is dit ‘n noodsaaklike handleiding by die studie van sy vak. Maak gerus 'n draai by Protea/Aristata Boekwinkel Bloemfontein, 25 Bloemgate Sentrum | 0514441212 | [email protected] #NowAvailable #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #skrywers #bloemgatesentrum #Woordkunstenaars

5/7/2024, 9:58:23 AM

Ons het ’n skatkis van stories hierdie maand met ons nuutste vrystellings! 📚 #NuutOpDieRak

5/2/2024, 9:36:25 AM

Hierdie maand het ons splinternuwe leesstof uit Chris van der Merwe se pen! 🕊️📚 #LeesstofVirDieSiel #NuutOpDieRak

5/2/2024, 9:08:48 AM

Als is potblou vandag. Die see, die lug, die boek en die bloed. Tot die kar is blou... Net my gemoed is goed. “Dis 'n iewat obskure onderwerp. Ek het nooit besef daar is soveel van 'ons' nie. Ek dink dit is seker omdat ek hier in Suid-Afrika gewoond geraak het aan mense wat ewe adellik is, sonder titels.” – Bruce Murray, twaalfde hertog van Atholl, aan Daniël Lötter Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell. As godsdienstige of politieke leiers – dikwels van adellike afkoms – in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het? Hoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur ’n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević’s van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie? Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae. #nuutopdierak #boekbekendstellings #boekemaakditbeter #bloubloed #royals #royalty #proteauitgewers #TrisaLeesBaie

4/29/2024, 3:13:03 PM

Wat 'n voorreg om ook 'n verhaal in hierdie topverkoper te hê! boek #boekgesprekke #nuutopdierak #nuutopdierakke #skrywerslewe #skrywer #boekemaakditbeter #boekbekendstellings

4/26/2024, 1:44:50 PM

Nuut op die rak by Protea Uitgewers! #nuutopdierak #boekbekendstellings #proteauitgewers #TrisaLeesBaie

4/18/2024, 2:52:00 PM

Nuut op die rak by Protea Uitgewers! #nuutopdierak #boekbekendstellings #proteauitgewers #TrisaLeesBaie

4/18/2024, 2:51:53 PM

#nuutopdierak ANONIEM - Chanette Paul R350 Kan jy vlug van wie jy regtig is? Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal. Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het? Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug? #nowavailable #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #bloemgatesentrum #noubeskikbaar

4/12/2024, 1:37:38 PM

Splinternuut! En die kleurkoördinasie is bloot toevallig! Sewe keer sondig, 25 kortverhale, die een sondiger as die ander. Nou beskikbaar by Naledi! Lees oor alle soorte sondes, geskryf deur 44 bekende name, onder andere die uwe! Saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid. Lees dit nou, oral by goeie boekwinkels beskikbaar. #nuutopdierak #nuutopdierakke #boekgesprekke #boekbekendstellings

4/10/2024, 1:16:46 PM

Splinternuut! En die kleurkoördinasie is bloot toevallig! Sewe keer sondig, 25 kortverhale, die een sondiger as die ander. Nou beskikbaar by Naledi! Lees oor alle soorte sondes, geskryf deur 44 bekende name, onder andere die uwe! Saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid. Lees dit nou, oral by goeie boekwinkels beskikbaar. #nuutopdierak #nuutopdierakke #boekgesprekke #boekbekendstellings

4/10/2024, 1:16:40 PM

Koeriers is definitief my nuwe beste vriende! En ek is besig om vrede te maak daarmee dat ek inderdaad krimi's geniet. Eers Irna, toe Sidney en nou Irma! @nbpublishers, julle foeter lekker met my vooroordele, dankie daarvoor! #nuutopdierak #boekbekendstellings #boekemaakditbeter #TrisaLeesBaie #tafelberguitgewers

4/2/2024, 8:57:40 PM

#NuutOpDieRak vir April! Die ideale leesstof vir die herfsaande. 📚

4/2/2024, 9:58:22 AM

Kyk net watter opwindende boeke is hierdie maand beskikbaar! 📚🤩 #NuutOpDieRak

4/2/2024, 9:33:15 AM

Nou beskikbaar! Lees oor alle soorte sondes, geskryf deur 44 bekende name! Saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie 25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag. Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid. P-boek: Bestel by Naledi, met gratis aflewering: https://naledi.co.za/product/sewe-keer-sondig/ E-boek: Lees die eerste 10% gratis, of koop by Amazon: https://amzn.to/3IV3tMl #nuutopdierak #nuutopdierakke #boekgesprekke #skrywerslewe #boekemaakditbeter #afrikaansislekker

3/30/2024, 6:15:44 PM

Opwindende nuwe Romanzas wag vir jou in Maart! 😍 Louise van der Merwe se eerste RomanzaStoom is hier, Felicia Snyman skryf ’n deernisvolle verhaal oor ou jeugliefdes wat mekaar weer vind en Alma Carstens bederf ons met ’n heerlike kantoorromanse. Hierdie en nog vele meer wag! ❤️ #BederfJouself #NuutOpDieRak

3/1/2024, 12:12:59 PM

Dis 'n nuwe maand, wat beteken ons het splinternuwe boeke vir jou boekrak! 📚 #NuutOpDieRak

3/1/2024, 12:07:20 PM

Nuwe boeke vir jou boekrak! 📚 #NuutOpDieRak

3/1/2024, 12:03:00 PM

Maak solank plek op jou boekrak, want daar is iets vir elke boekwurm hierdie maand! 📚 #NuutOpDieRak

2/5/2024, 1:56:33 PM

Ons het splinternuwe leesstof vir jou hierdie maand! 📚 #NuutOpDieRak

2/5/2024, 12:13:14 PM

O julle! En dis nie die enigste goeie nuus vir die jaar wat vir my op 'n pynlike noot begin het nie.... #bookstagram #nuutopdierak #nuutopdierakke #skrywerslewe #skrywer #naledi

2/5/2024, 10:02:43 AM

📚🌟 Opwindende Februarie-leeservarings! 🌟📚 Maak solank plek op jou boekrak, want daar is iets vir elke boekwurm se plesier. 🤓🌞 #ekleeslapa #nuutopdierak #kinderboeke

2/1/2024, 4:37:33 PM

NUUT OP DIE RAK‼️: Bevat 3 humoristiese stories @ R150📚 #koopafrikaans #nuutopdierak #ekleesafrikaans #leerlees #beginnerleesboekies #leesbevordering #geletterdheid #leesboeke #grondslagfasejuffrou

1/24/2024, 11:30:51 AM

Het jy al gehoor van Plaasjapie Braaipap? Dié braaipap word gemaak met witmielies wat hoofsaaklik uit die Bothaville-area kom, en kom in vier variëteite: 🌽 Wit grof 🌽 Wit bleddie grof 🌽 Wit grof met semels 🌽 Geel grof Ons hoop jy hou van grof, want hierdie is beslis nie ʼn verfynde produk nie! Maak gerus ʼn draai by jou naaste Hinterland-tak en kom koop ʼn sakkie Plaasjapie Braaipap! #Hinterland #Plaasjapie #Braaipap #NuutOpDieRak #PlaasjapieBraaipap #GrowwePap #Mieliepap

1/11/2024, 5:02:14 PM

Vriendskap, liefde en hoop wag vir jou hierdie maand met ons nuwe vrystellings! 🕊️ 📚 @riaangrobler @elsaw1 #NuutOpDieRak

1/2/2024, 9:17:14 AM

Bederf jouself met vyf heerlike liefdesverhale hierdie maand! #ElsaWinckler se eerste Romanza Stoom is hier, #SaloméSchutte is terug met ’n splinternuwe Romanza uit haar pen en #MaleneBreytenbach bederf ons met ’n opwindende mediese verhaal! 😍❤️ 👉 Kry jou lees-plesiertjie nou by jou naaste boekwinkel of aanlyn op ons webtuiste. Besoek die skakel in ons profiel vir meer inligting. #BederfJouself #Romanza #NuutOpDieRak

1/2/2024, 9:03:46 AM

Het jy al gehoor van Plaasjapie Braaipap? Dié braaipap word gemaak met witmielies wat hoofsaaklik uit die Bothaville-area kom, en kom in vier variëteite: 🌽 Wit grof 🌽 Wit bleddie grof 🌽 Wit grof met semels 🌽 Geel grof Ons hoop jy hou van grof, want hierdie is beslis nie ʼn verfynde produk nie! Maak gerus ʼn draai by jou naaste Hinterland-tak en kom koop ʼn sakkie Plaasjapie Braaipap! #Hinterland #Plaasjapie #Braaipap #NuutOpDieRak #PlaasjapieBraaipap #GrowwePap #Mieliepap

12/19/2023, 10:01:54 AM

Onder die #ProteaKersboom #nuutopdierak VAN TOEKA AF DIE TOEKOMS IN @ R200 Dit is ’n eerlike, gebalanseerde en geslaagde poging om die geskiedenis weer te gee van die oudste departement Afrikaans aan ons Suid-Afrikaanse universiteite. Die departement het oor meer as ’n eeu ’n uitsonderlike bydrae tot Afrikaans en die dissipline Afrikaans gelewer. Dit sal hopelik as aansporing vir ander departemente van Afrikaans dien om met iets soortgelyks vorendag te kom. Winkel 25 Bloemgate Sentrum, Brandwag ☎️051 444 1211 | [email protected] #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #kinderboeke #afrikaans #geskenkidees #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #ondersteunplaaslik #bloemgatesentrum #kersgeskenk #christmas #kersfees2023 #secretsanta #kersgeskenkidees #giftideas #afrikaans #nederlands #ufs #universityofthefreestate

12/13/2023, 10:00:39 AM

Het jy al gehoor van Plaasjapie Braaipap? Dié braaipap word gemaak met witmielies wat hoofsaaklik uit die Bothaville-area kom, en kom in vier variëteite: 🌽 Wit grof 🌽 Wit bleddie grof 🌽 Wit grof met semels 🌽 Geel grof Ons hoop jy hou van grof, want hierdie is beslis nie ʼn verfynde produk nie! Maak gerus ʼn draai by jou naaste Hinterland-tak en kom koop ʼn sakkie Plaasjapie Braaipap! #Hinterland #Plaasjapie #Braaipap #NuutOpDieRak #PlaasjapieBraaipap #GrowwePap #Mieliepap

12/13/2023, 9:52:30 AM

Onder die #ProteaKersboom #nuutopdierak DUIWELSROOS deur Leon van Nierop @ R320 'n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat 'n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos. Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies 'n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het. Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so 'n geval is die moordenaar daar op die plaas! Winkel 25 Bloemgate Sentrum, Brandwag ☎️051 444 1211 | [email protected] #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #kinderboeke #afrikaans #geskenkidees #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #ondersteunplaaslik #bloemgatesentrum #kersgeskenk #christmas #kersfees2023 #secretsanta #kersgeskenkidees #giftideas #kerskous

12/1/2023, 9:19:08 AM

Onder die #ProteaKersboom #nuutopdierak GEBEENTE deur Etienne van Heerden @ R385 Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met 'n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarm- magistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, 'n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur 'n opspraakwekkende plaasmoord, maar 'n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg... Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meesleurende, fassinerende roman, en eindelik voer Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre. Winkel 25 Bloemgate Sentrum, Brandwag ☎️051 444 1211 | [email protected] #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #kinderboeke #afrikaans #geskenkidees #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #ondersteunplaaslik #bloemgatesentrum #kersgeskenk #christmas #kersfees2023 #secretsanta #kersgeskenkidees #giftideas #kerskous

12/1/2023, 9:15:09 AM

Onder die #ProteaKersboom #nuutopdierak LEO deur Deon Meyer @ R360 'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp. Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid. Winkel 25 Bloemgate Sentrum, Brandwag ☎️051 444 1211 | [email protected] #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #kinderboeke #afrikaans #geskenkidees #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #ondersteunplaaslik #bloemgatesentrum #kersgeskenk #christmas #kersfees2023 #secretsanta #kersgeskenkidees #giftideas #kerskous

12/1/2023, 8:45:52 AM

Onder die #ProteaKersboom #nuutopdierak HANS KRY TROUKOORS deur Rudie van Rensburg @ R270 Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie. Maar alles verander wanneer 'n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die tehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy 'n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog 'n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word. 'n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat 'n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie. Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind 'n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . . Winkel 25 Bloemgate Sentrum, Brandwag ☎️051 444 1211 | [email protected] #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #kinderboeke #afrikaans #geskenkidees #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #ondersteunplaaslik #bloemgatesentrum #kersgeskenk #christmas #kersfees2023 #secretsanta #kersgeskenkidees #giftideas #kerskous

11/29/2023, 3:38:12 PM

Onder die #ProteaKersboom #nuutopdierak DAN SIEN ONS MEKAAR deur James Scott @ R320 James Scott is 'n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het. Dan sien ons mekaar is 'n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis; en dié van sy kliënte van die afgelope dertig jaar. Dit is 'n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak. Winkel 25 Bloemgate Sentrum, Brandwag ☎️051 444 1211 | [email protected] #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #kinderboeke #afrikaans #geskenkidees #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #ondersteunplaaslik #bloemgatesentrum #kersgeskenk #christmas #kersfees2023 #secretsanta #kersgeskenkidees #giftideas #kerskous

11/29/2023, 3:35:12 PM

Onder die #ProteaKersboom #nuutopdierak DIE BINNELAND IN deur Dana Snyman @ R310 “Ek gaan sit alleen op een van die banke. In die halfskemerte van 'n kerkgebou kom jy makliker by die halfskemer plekke in jouself uit. Hier besef jy dat jou siel oud is, so oud soos die sterre self… Dan ry ek stadig weer deur die slaggate terug na die N4 “ Dana Snyman reis landin, op soek na sekerheid en lig. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof. In DIE BINNELAND IN verken hy veral geloof, van sy eerste bekering by 'n avontuurkamp tydens sy laerskooldae tot waar hy 'n kers aansteek in 'n Franse katedraal. Dana rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton, Gerrie “Bomber” Coetzee, en oom Pieta de Jager. Daar is ook reünies - van matriekklasse tot ou skoolvriende en die Bok-span wat in 1981 teen die All Blacks gaan speel het. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou, en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het. Hy trek sy ma se Kook en geniet met sy vergeelde kleefbandstrokies nader. Hier ná 60 leer Dana met onsekerheid saamleef. Nie 'n moedelose, desperate onsekerheid nie, maar 'n hoopvolle onsekerheid. Want die heelal is deurdrenk met die Groot Misterie. Winkel 25 Bloemgate Sentrum, Brandwag ☎️051 444 1211 | [email protected] #proteabloemgate #proteaboekebfn #proteabooks #ireadprotea #ekleesprotea #bookstagram #booknerd #bookdragon #boekstagram #localisbetter #bookaddict #kinderboeke #afrikaans #geskenkidees #booklover #trotsplaaslik #bloemfontein #ondersteunplaaslik #bloemgatesentrum #kersgeskenk #christmas #kersfees2023 #secretsanta #kersgeskenkidees #giftideas

11/29/2023, 3:10:09 PM

Net-net nog lig genoeg om te lees, laatmiddag/vroegaand op die balkon, as die kombuis opgeruim is en voor die aandwerk begin. (OK ek weet hierdie is ook werk, maar dit voel nie so nie...) Mens se oë word mos stelselmatig gewoond aan die skemer, en as jy jou oë knip, kan jy nie meer sien nie. #boekemakranka #boekgesprekke #boekemakrankalees #boekemaakditbeter #afrikaansislekker #boekbekendstellings #nuutopdierak

11/9/2023, 6:56:18 PM

Ware liefde het geen perke nie! ❤️ Ontvang 15% afslag wanneer jy al vier November Romanzas saam koop! 📚 💚 Besoek die skakel in ons profiel vir meer inligting. #NuutOpDieRak #BederfJouself #Romanza

11/1/2023, 9:53:23 AM

Kom kyk Maandagaand saam op Boekemakranka se Facebookblad as Jean Oosthuizen met Analize en Trisa gesels oor Oop deure. Daar is ook 'n verrassing, want iemand wat baie bekend is onder skrywers, uitgewers én lesers gaan ook 'n draai kom gooi om ons iets te vra. Ons voel so bietjie soos voor 'n eksamen en ons hoop die vrae gaan nie te moeilik wees nie! #skrywerslewe #boekemakranka #boekgesprekke #boekbekendstellings #nuutopdierak

10/29/2023, 10:33:50 AM

Kom kyk Maandagaand saam op Boekemakranka se Facebookblad as Jean Oosthuizen met Analize en Trisa gesels oor Oop deure. Daar is ook 'n verrassing, want iemand wat baie bekend is onder skrywers, uitgewers én lesers gaan ook 'n draai kom gooi om ons iets te vra. Ons voel so bietjie soos voor 'n eksamen en ons hoop die vrae gaan nie te moeilik wees nie! #skrywerslewe #boekemakranka #boekgesprekke #boekbekendstellings #nuutopdierak

10/29/2023, 10:33:42 AM

Wie kom luister saam vanaand halfagt? Koos Kombuis kom kuier op Boekemakranka se Facebookblad! Skink 'n glas wyn en kom luister as hy met ons gesels oor sy nuutste boek, Deur die Tonnel van Twyfel: Op soek na waardes in 'n donker eeu. #boekemakranka #boekgesprekke #boekemakrankalees #boekemaakditbeter #afrikaansislekker #nuutopdierak #nuutopdierakke.

10/19/2023, 4:03:46 PM

Liefde het ’n nuwe betekenis! 😍 Ons vier hierdie maand Madelie Human se 40ste Romanza en ons spog met ’n splinternuwe debuutskrywer. Moenie Oktober se Romanzas misloop nie! #NuutOpDieRak #BederfJouself

10/2/2023, 9:27:18 AM

Stap saam met die Here hierdie maand met splinternuwe boeke uit die pen van Sonja Goldberg en Jan Vermeulen. #NuutOpDieRak #BoekeVirDieSiel #StapSaamDieHere

10/2/2023, 9:20:59 AM

Oktober mag dalk een van die mees opwindende maande hierdie jaar wees! 🎉📚 #NuutOpDieRak

10/2/2023, 9:17:01 AM

Oktober mag dalk een van die mees opwindende maande hierdie jaar wees! 🎉👓 #ekleeslapa #nuutopdierak #oktobermaand

10/1/2023, 11:05:34 PM

So wat doen jy Saterdag? Ry Kleinmond toe! #nuutopdierak #nuutopdierakke #skrywerslewe #boekemakranka #boekgesprekke #boekbekendstellings #nuutbynaledi

9/12/2023, 7:43:24 PM

Oop Deure is hier! 'n Eietydse verhaal deur die suksesvolle kombinasie van twee skrywers wat dit regkry om die stoom uit die blaaie te laat trek. Opwindend, relevant en 'n bietjie stout. 'n Verhaal met vrymaking as tema. Nie net vir die karakters nie, maar ook vir die leser. - Juliana Coetzer Oop Deure deur Analize Viljoen en Trisa Hugo is nou beskikbaar! #boekemakranka #boekgesprekke #boekemakrankakook #skrywer #nuutopdierak #nuutopdierakke #skrywerslewe #afrikaans #boekemaakditbeter #boekbekendstellings

9/4/2023, 7:39:21 PM

📚🌟 Nuwe Kinderboeke vir September 2023! 🌟📚 Kom ontdek ons splinternuwe kinderboeke wat hierdie September beskikbaar sal wees! Ons het 'n wonderlike verskeidenheid verhale vir jong lesers, maar ook lieflike hupbronne vir onderwysers. Laat weet ons in die kommentaar as jy opgewonde is om van hierdie nuwe boeke te lees! 📣 #ekleeslapa #nuutopdierak #september

9/1/2023, 10:05:12 AM

Liefde is vir altyd! ❤️ #NuutOpDieRak

9/1/2023, 9:01:40 AM

Vind jou inspirasie vir die nuwe seisoen net hier! 📚 #NuutOpDieRak

9/1/2023, 9:01:17 AM

’n Avontuur wag! 📚 #NuutOpDieRak

9/1/2023, 9:01:00 AM

Vandag se leidraad... Raai die titel van ons nuwe boek reg en wen een van drie boeke! #boekemakranka #boekgesprekke #boekemakrankakook #skrywer #nuutopdierakke #nuutopdierak #naledi

8/17/2023, 11:13:35 AM

Vandag se leidraad... Raai die titel van ons nuwe boek reg en wen een van drie boeke! #boekemakranka #boekgesprekke #boekemakrankakook #skrywer #nuutopdierak

8/17/2023, 11:08:33 AM

Wat ’n lekker bederf! Hierdie maand het ons 5 pragtige Romanzas op die rakke. ❤️ #BederfJouself #NuutOpDieRak

8/1/2023, 9:32:06 AM

Vir lesers, deur boekwurms! Ons is vreeslik opgewonde oor hierdie maand se nuwe vrystellings! 📚 #NuutOpDieRak

8/1/2023, 9:23:05 AM

Versterk jou geloof hierdie maand met ons nuwe vrystellings! 🕊️ #BoekeVirDieSiel #NuutOpDieRak

8/1/2023, 9:10:50 AM

Hallo, Augustus! 🌈 #ekleeslapa #nuutopdierak #augustus

8/1/2023, 6:00:17 AM

RAPPORT 30 BESTE BOKKE deur Dawie Boonzaaier is NOU beskikbaar by Tabeel Boekwinkel Stilbaai. Wie is die beste Springbok van die moderne era? Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Was Jaque Fourie of Lukhanyo Am die beste buitesenter? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Soek jy Joost van der Westhuizen se skeppende spel, of Fourie du Preez se berekende skopvoet? Hierdie vrae, en soveel meer word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers, asook van die land se top rugbyskrywers, in die Rapport 30 beste Bokke beantwoord. Die tydperk het ingesluit drie Wêreldbekers en Drienasies-titels, een Rugbykampioenskap-titel, ’n destydse wêreldrekord van 17 agtereenvolgende wedstryde sonder ’n nederlaag, en twee reeksseges oor die Britse en Ierse Leeus. Dié boek stel ons voor aan die 30 beste Bokke. Dit bevat ook onderhoude, statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Onmisbaar vir elke rugby-liefhebber. #stilbaai #nuutopdierak #afrikaanseboeke #Tabeel

7/18/2023, 11:34:53 AM